Agapanthus Row

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Agapanthus Row bied selfsorgverblyf in die geskiedkundige, lowerryke woonbuurt, Rondebosch. Die perseel is net 3,4 km van die Universiteit van Kaapstad af en 6,6 km vanaf die Kirstenbosch Botaniese Tuine.

Verblyf is beskikbaar in 3 suites. Die eerste en tweede suites is die Rhino- en Elephant-suites en het elk ’n koningingrootte-bed in ’n slaapkamer-area, en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Daar is ’n kombuisie in elke suite met ’n toonbank met stoele, ’n mikrogolfoond, broodrooster, ketel en yskassie. Dié 2 suites het sekere DStv-kanale, WiFi en aparte ingange asook veilige parkeerplek agter elektriese hekke en drade. Gaste kan op die stoep onder die druiweprieel ontspan en die skaduwee van Duiwelspiek geniet. ’n Boma met draagbare braaigeriewe is aan die onderkant van die grasgroen tuin beskikbaar onder ou eikebome.

Die derde suite, The Jasmine Nook, is ’n kleiner sakpas-suite. The Nook het ’n en suite-stort en -toilet en ’n dubbelbed. Daar is ook Open View-TV, WiFi, ’n yskassie, ketel en mikrogolfoond. Daar is nie ’n kombuisie in die suite nie.

Elk van die 3 suites het tee, melk, suiker en koffie asook ontbytpap.

Die ligging bied toegang tot die V&A Waterfront, Kaapstad Internasionale Lughawe, Pinelands, Claremont se vrugbaarheidsklinieke, en die Groote Schuur en Rooikruis Hospitale.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Agapanthus Row gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R520 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za