Aircon Beach Break

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Beach Break is in die hartjie van Houtbaai, 'n skilderagtige kusdorpie in Kaapstad, teen die voet van Chapman's Peak geleë. Die strand is net 'n minuut se stap ver, op 'n geplaveide wandelpaadjie. Die luukse tweeslaapkamerwoonstel is op die derde verdieping van 'n moderne woonstelblok "The Village Square" geleë.

Die hoofslaapkamer wat na die see kyk is versier in sagte wit skakerings. Daar is 'n koningingrootte-bed, groot klerekas, elektroniese kluis, haardroër, lugversorging en ondervloerse verhitting. 'n Skuifdeur lei na die balkon wat oor die see uitkyk. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, 2 groot klerekaste en 'n skuifdeur wat lei na 'n Juliet-balkon wat oor die binnehof en berge uitkyk. Spesiale vensterbehandeling verseker privaatheid - jy kan na buite sien, maar ander kan nie inkyk nie. Daar is ondervloerse verhitting in hierdie kamer en bedlinne van goeie gehalte word voorsien.

Die badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die gastebadkamer het 'n tweede toilet en wasbak. Bad- en gesighanddoeke van goeie gehalte en 'n stel strandhanddoeke word voorsien. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas met 'n vrieskas, mikrogolf, wasmasjien met droër, oond, glasstoofplaat, koffiemasjien, ketel, broodrooster, gehalte-kooktoerusting, eetgerei en breekware. Die elegante eetarea met sy Franse, wit eetkamertafel het gemaklike sitplek vir 5. Dit is die perfekte ligging vir jou fynproewersgereg of kersligete. Daar is lugversorging en ondervloerse verhitting. In die sitarea is daar sagte leerstoele en 'n suede-rusbank wat omskep kan word in 'n ekstra bed vir 'n vyfde gas. Kies uit 'n groot verskeidenheid DStv Premium TV-programme of neem 'n DVD uit. Strand-uitsigte wink jou nader om die skuifdeur na die balkon oop te maak.

Die balkon is die hartjie van die woonstel en die ideale plek om ontbyt of 'n gesellige braai te hou terwyl jy aan 'n glasie Kaapse wyn teug. Die balkon is die lengte van die hele woonstel met see- en berg-uitsigte. Dekstoele, 'n patio-tafel en 'n Weber-braai maak die area ideaal vir onthaal.

Spesiale geriewe van "The Village Square" sluit in 'n groot binne-swembad, veilige onderdakparkeerplek, 24 uur-sekuriteitswagte en 'n hysbak na al die vlakke van die gebou. Die gebou het WiFi. Toegang word beheer en sekuriteitswagte verseker jou veiligheid. Supermarkte, winkels, banke, MyCiti-bushalte en verskeie restaurante is almal binne loopafstand en maak Beach Break se ligging perfek vir enige geleentheid.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kluis
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart

Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aircon Beach Break gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 820 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za