Airlie Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Airlie Place is in die gegoede woonbuurt Constantia in Kaapstad geleë. Die verblyf is tussen 'n magdom besienswaardighede en wynplase geleë en dis ideaal vir 'n groot gesin wat die huis as basis vir die verkenning van die Suidelike Voorstede en die Moederstad wil gebruik.

Hierdie gesinshuis is toegerus met alles wat jou gesin mag nodig kry en sluit 'n tennisbaan, groot swembad, 'n speletjieskamer en 'n Jacuzzi in.

Die formele sitkamer het 'n kaggel en bied 'n uitsig oor die parkgordel. Die groot, formele eetkamer het sitplek vir 10 mense en die ontspanne eetarea in die swembadkamer het ook sitplek vir 10 mense. Die swembadkamer beskik verder ook oor 'n sitarea wat toegang bied tot 'n klein terras met 'n buitetafel. Die sitarea het 'n TV met DStv, 'n DVD-speler en 'n klankstelsel vir gaste se vermaak. Die terras bied toegang tot die swembad, tuin en gaste kan ook afloop na die tennisbaan toe. Die kombuis is groot en ruim en dit het al die basiese, moderne geriewe soos 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Daar is 4 slaapkamers wat elkeen beskik oor 'n dubbelbed. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer het en die ander 2 kamers deel 'n badkamer. Die huis word twee maal per week skoongemaak. Die huis het ook 'n volledige alarmstelsel vir ekstra gemoedsrus. Die huis het nie lugversorging nodig nie, maar waaiers kan op versoek voorsien word.

Constantia is 'n gegoede woonbuurt in Kaapstad wat omtrent 15 km suid van die middestad geleë is. Dit word as een van die mees vooraanstaande woonbuurte in Suid-Afrika geag. Die Constantia-vallei lê aan die oostelike kant aan die voet van Constantiaberg. Constantia Nek is 'n lae pas wat jy na Houtbaai in die weste kan neem.

Constantia is een van die oudste voorstede van Kaapstad en die streek is bekend vir sy wyne. Groot Constantia is 'n landgoed wat in 1684 deur die Hollandse Goewerneur van Kaapstad, Simon van der Stel, gestig is. Ander noemenswaardige plase in die area is Steenberg, die oudste landgoed wat in 1692 gestig is, Buitenverwachting, Klein Constantia en Constantia Uitsig.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Airlie Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za