Airport Modjadji Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Airport Modjadji is 'n groot gastehuis met 6 slaapkamers wat in die veilige voorstad Kempton Park geleë is. Dit is slegs 10 minute se ry van OR Tambo Internasionale Lughawe af. Die gastehuis is versteek in 'n tropiese tuin en gaste kan heerlik langs 'n pragtige swembad ontspan of wakker word met die getjilp van talle voëls as geselskap.

Dié gastehuis het slaapplek vir 14 gaste, maar kan ook kleiner groepe akkommodeer. Ontbyt is daagliks beskikbaar in die gemeenskaplike eetkamer en aandete word op versoek voorberei. Die eienaars, Terrance en Suzanne Magee, en hul kinders bly op die perseel en is gereed om gaste te verwelkom en hulle tuis te laat voel.

Parkeerplek van die straat af is beskikbaar. Indien gaste oorsee moet reis en geen plek het om 'n voertuig te bêre nie, kan stoorspasie gereël word by die gastehuis teen geen ekstra koste nie.

'n Lughawependeldiens kan gereël word teen ekstra koste, sowel as 'n pendeldiens na en van verskeie winkelsentrums, malls en restaurante.

Die gastehuis is troeteldiervriendelik op versoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Airport Modjadji Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R630 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za