LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Aitsa! | LekkeSlaap
+45

Aitsa!

Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 13 Nov 2020 tot 30 Nov 2020.

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deiningstraat 25, Hawegebied, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 7
  • Vanaf R790 R553 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Aitsa! is 'n selfsorg-eenheid wat in die kusdorpie Stilbaai in die hawe-gebied geleë is. Die eenheid is net 500 m en 2 tot 3 minute se stap van die riviermonding af, wat naby Stilbaai-hawe, 'n verskeidenheid winkels en restaurante is. Dit is ook net 700 m van Stilbaai se Gholfklub af.

Die eenheid bestaan uit 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die eerste kamer is ingerig met 'n dubbelbed, die tweede kamer het 2 enkelbeddens.

Die leefarea het 'n oopplan-uitleg en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof met 'n oond, 'n wasmasjien, eetgerei en breekware. Die woonkamer het 'n 2 gemaklike rusbanke, 1 gemakstoel en 'n TV. Dié vertrek lei na 'n balkon met ingeboude braaigeriewe en 'n buite-eetstel.

Parkeerplek is beskikbaar op die perseel en het ook plek vir 'n sleepwa en 'n boot. Daar is ook 'n buite-area met 'n wasgoedlyn en 'n ekstra braai-area onder, waar die sleepwa en/of boot ook, indien verkies, agter geslote hekke parkeer kan word.

Aitsa! is 600 m van die sleephelling waar die bote in die rivier gelaat word af. Dit is stapafstand vanaf die see, hawe en rivier. Die area is veilig en rustig en gaste kan vars vis by die hawe koop. Die see en rivier bied geleentheid vir verskeie dinge om te doen soos, seil, ski, swem, branderplankry, kajakvaart en visvang. Die omliggende paaie bied asemrowende natuurskoonroetes vir bergfietsry. Daar is ook 'n bussie beskikbaar in die dorp, wat verskeie toere aanbied teen 'n koste, asook vervoer van en na George Lughawe.

Slaapplek

’n Bespreking by Aitsa! sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 47 resensies vir Aitsa!
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Deiningstraat 25, Hawegebied, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Aitsa! het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R790
Vanaf R553
per nag (plek vir 4)
was R790
Vanaf R553
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deiningstraat 25, Hawegebied, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 7
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMwMmQ5NDhhLTlmZTAtNDgyYi05YzNlLWI0MjgyNTJmMTZhMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R790, nou Vanaf R553  per nag (plek vir 4) 47 5 1 5 25 Deining Street Harbour 6674 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-21:00 10:00 -34.380217 21.417236
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!