Aitsa!
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 27 Jan 2021 tot 18 Feb 2021.
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deiningstraat 25, Hawegebied, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 7
-
Vanaf
R790R527 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Aitsa! is 'n selfsorg-eenheid wat in die kusdorpie Stilbaai in die hawe-gebied geleë is. Die eenheid is net 400 m en 2 tot 3 minute se stap van die riviermonding af, wat naby Stilbaai-hawe, 'n verskeidenheid winkels en restaurante is. Dit is ook net 700 m van Stilbaai se Gholfklub af.
Die eenheid bestaan uit 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die eerste kamer is ingerig met 'n dubbelbed, die tweede kamer het 2 enkelbeddens.
Die leefarea het 'n oopplan-uitleg en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof met 'n oond, 'n wasmasjien, eetgerei en breekware. Die woonkamer het 'n 2 gemaklike rusbanke, 1 gemakstoel en 'n TV. Dié vertrek lei na 'n balkon met ingeboude braaigeriewe en 'n buite-eetstel.
Parkeerplek is beskikbaar op die perseel en het ook plek vir 'n sleepwa en 'n boot. Daar is ook 'n buite-area met 'n wasgoedlyn en 'n ekstra braai-area onder, waar die sleepwa en/of boot ook, indien verkies, agter geslote hekke parkeer kan word.
Aitsa! is 500 m van die sleephelling waar die bote in die rivier gelaat word af. Dit is stapafstand vanaf die see, hawe en rivier. Die area is veilig en rustig en gaste kan vars vis by die hawe koop. Die see en rivier bied geleentheid vir verskeie dinge om te doen soos, seil, ski, swem, branderplankry, kajakvaart en visvang. Die omliggende paaie bied asemrowende natuurskoonroetes vir bergfietsry. Daar is ook 'n bussie beskikbaar in die dorp, wat verskeie toere aanbied teen 'n koste, asook vervoer van en na George Lughawe.
Slaapplek
’n Bespreking by Aitsa! sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Deiningstraat 25, Hawegebied, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Aitsa! het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stilbaai-Wes Stilbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deiningstraat 25, Hawegebied, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 7