Pearly Beach Akkommodasie by AJ's in Pearly | LekkeSlaap
+24

AJ's in Pearly

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rotunda-weg 44, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

AJ's in Pearly is 'n selfsorghuis in die kusdorp Pearly Beach. Die vakansiehuis is ideaal geleë, sowat 500 m van die strand af en net 'n paar minute se ry van 'n paar restaurante af.

Dié troeteldiervriendelike huis het slaapplek vir 6 volwassene en 4 kinders (nie 10 volwassenes nie), en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n dubbelstapelbed vir 2 kinders. Dié slaapkamers deel 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort.

Daar is 'n oopplan-kombuis met die nodige toebehore om maaltye voor te berei en te kook. Die leefarea langsaan het 'n kaggel, slaapbank en 'n kuierarea met 'n kroeg, ingeboude braai en 'n veerpyltjiebord. Die kuierarea lei via skuifdeure na 'n dek waar gaste die sonsondergang kan waardeer.

Daar is 3 afrol-blindings wat gaste van die wind sal beskut, afhangend van watter rigting die wind waai. Die dubbelmotorhuis het 'n pool-tafel, 'n tafeltennistafel en 2 lyfplanke. Die perseel is kindervriendelik en hondevriendelik met 'n ommuurde tuin en ruimte vir 4 voertuie.

Kleinbaai is om die draai en hiér kan gaste die 9 putjie-gholfbaan gaan baasraak of saam met die witdoodshaai gaan haaihokduik. Maak 'n draai in Stanford vir 'n uitstappie oor die rivier, proe wyn by een van die plaaslike wynlandgoedere en kunsvlytbrouerye, of ry na Kaap Agulhas wat net 'n uur se ry ver is.

Ander doendinge sluit perdry, vierwielmotorfietsry of 'n begeleide staproete op die strand in. Vir diegene wat nie wil kook nie, is daar 3 plaaslike restaurante in Pearly Beach, of klop by die Hengelklub aan vir 'n potjie pool en om die sportwedstryd te kyk.

Slaapplek

’n Bespreking by AJ's in Pearly sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed Kindermatras vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
2 xKindermatras vir 1
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Kindermatras vir 1
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xKindermatras vir 1

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 2 resensies vir AJ's in Pearly
Netheid
4.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
3.5/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Rotunda-weg 44, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink AJ's in Pearly het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rotunda-weg 44, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAApJpHC08vfLu4SIbS2qpJZ6whzeDtBTGiOo4Ez7NmALkjL7MPRe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 10) 2 5 1 4 44 Rotunda Way Pearly Beach 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.659467429812 19.480902134931
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za