Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

A'la Mossel 1

A'la Mossel 1
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 4 mense
Beskrywing

A'la Mossel 1, die kothuis op die grondvloer, beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers, 1 met 'n stort en die ander met 'n bad. Die volledig toegeruste kombuis beskik oor 'n oond, stoof, mikrogolfoond en die nodige toebehore vir selfsorg. 'n Kaggel is beskikbaar in die kothuis en buite is daar 'n braai-area waar gaste 'n vleisie oor die kole en die lieflike uitsig kan geniet. Ander geriewe sluit 'n LED-TV met volledige DStv en 'n DVD-speler in.

Die eenheid/kamer het
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Meer oor hierdie kamer
  • Nie rook
Dienste
  • Koordlose internet
Badkamer
  • Bad
  • Stort
Kamergeriewe
  • Kaggel
Elektriese Toebehore
  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof
Vermaak
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Die balans is 7 dae voor die inklokdatum betaalbaar.
Inklok en uitklok is nie moontlik op Goeie Vrydag, Kersdag of Nuwejaarsdag nie.

Sleutel- en breekskadedeposito:
'n Sleutel- en breekskadedeposito is betaalbaar saam met die deposito vir die bespreking. Dit is terugbetaalbaar via bankoorplasing binne 5 tot 7 werksdae na die uitklokdatum, nadat die huis nagegaan is om te bevestig dat alles in orde is. Let asb. daarop dat die sleuteldeposito teruggehou sal word en ekstra fooie gehef sal word indien meer gaste as waarvoor bespreek is op die perseel aangetref word. Voorsien asb. jou bankbesonderhede met aankoms. Sleutels sal onder geen omstandighede oorhandig word as die sleutel- en breekskadedeposito nie ontvang is nie.

Minimum-verblyftydperk:

2 nagte gedurende laag- en midseisoen.
3 nagte oor langnaweke.
4 nagte oor Paasnaweek.
7 nagte gedurende hoogseisoen.

Gaste moet asb. eers by ons kantore kom inklok en hul sleutels kom afhaal.
Wanneer jy by Paternoster inry, draai jy links by die vierrigtingstopstraat. Die "Stay in Paternoster"-kantoor is omtrent 75 m verder, aan die regterkant van die pad, by 87 St Augustinestraat, geleë.

Inkloktye:
Let asb. daarop dat 'n heffing van R200 betaalbaar is, indien jy later inklok as die tyd wat op die bepalings en voorwaardes aangedui is.
Maandag tot Donderdag: Vanaf 14:00 tot 17:00
Vrydag: Van 14:00 tot 19:00
Saterdag en Sondag: 14:00 tot 16:00
Openbare vakansiedae: 14:00 tot 16:00

Uitkloktyd: stiptelik om 10:00 op die uitklokdatum. Enige eenheid wat nie om 10:00 ontruim is nie, is onderhewig aan 'n boete van R200 per uur of 'n gedeelte daarvan, vir elke uur wat die uitkloktyd oorskry word.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 85%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 20%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 4 mense
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselbankstraat 95, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe59d9c162ef0a0390cfe711dc9b828e2d39e0d93b90d8f860d7578ffcbb20adcf1b4d05c884788696d79462e37e1ad2e871c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 4 mense 67 5 1 5 95 Mosselbank Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -32.808274166958 17.895144671202