Alamo Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Alamo Guest Farm bied gemaklike selfsorgverblyf op 'n gasplaas ongeveer 4 km vanaf Bela-Bela. Daar is 2 huise op die eiendom wat as 1 huis verhuur word.

Die eerste huis het 3 slaapkamers met waaiers. Dié huis het ook 'n sitkamer met 'n dubbelslaapbank vir kinders onder 12, 'n eetkamer vir 8 gaste, 2 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n waskamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort. Die huis het 'n lapa met braaigeriewe, 'n swembad, Jacuzzi en 'n pool-tafel.

Die tweede huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n sitkamer, eetkamer en 'n volledig toegeruste kombuis. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Gaste kan op die plaas gaan stap. Besienswaardighede in die omgewing sluit wildreservate, Waterberg Zipline Adventures, water-temapark, Bambelela Wildlife Care, Adventures with Elephants, die spa by Pendleberry, Skulls-verfbal en die Biosphere-gholfbaan in.

Slaapplek

'n Bespreking by Alamo Guest Farm sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Alamo Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 100 per nag (plek vir 15)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za