Albatros 302

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Albatros 302 is reeds in 1970 gebou, maar dié eenheid is 'n luukse, moderne selfsorg-vakansiewoonstel reg langs die strand in die unieke vakansiedorpie Amanzimtoti, net 20 km vanaf Durban in KwaZulu-Natal. Dié woonstel is op die derde vloer en het 'n lekker oop balkon met 'n uitsig oor die see.

Albatros 302 is aan die kant van die gebou en die see is sigbaar van die balkon af. Al wat tussen ons besoekers en die see staan is 'n kort rit in 'n splinternuwe hysbak en 80 meter se stap. Na 30 meter is die sand reeds tussen jou tone.

Die woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders in 2 slaapkamers en daar is 1 volledige badkamer, 'n aparte toilet in die hoofslaapkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Ekstra gaste kan in die woonkamer op 'n slaapbank geakkommodeer word wat ideaal is vir 2 kinders jonger as 10 jaar.

Die selfsorg-kombuis beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en daar is 'n gerieflike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale in die woonkamer.

Die woonstelblok bied veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit en 'n braaiplek waar besoekers lekker kan kuier en ontspan. Die sekuriteitswag het 'n afstandbeheer vir die hek en laat net inwoners en gaste toe.

Slaapplek

'n Bespreking by Albatros 302 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Albatros 302 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za