LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Albatros Apartment Unit 8 | LekkeSlaap
+18

Albatros Apartment Unit 8

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerstraaat 29, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 350 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Albatros Unit 8 is 'n selfsorgwoonstel in Lambertsbaai. Dié rustige Weskusdorpie is sowat 2,5 uur se ry van Kaapstad af. Die eenheid is een van 9 ander eenhede in 'n kompleks.

Die woonstel is op die eerste verdieping, maar gelyk met die grond as jy agter ingaan. Daar is slaapplek vir 11. Daar is 1 slaapkamer met ’n koningingrootte-bed, 2 slaapkamers met dubbelbeddens, en die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens. In die ruim ingangsarea is daar ’n enkelbed, sowel as in die area naby die binnebraai. Daar is 2 badkamers waarvan 1 ’n stort het en die ander 1 het ’n stort en bad.

Die woonstel het 'n kombuis, sitkamer en eetarea. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolf. Daar is ’n Twin Tub-wasmasjien.

Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het gemaklike sitplek met 'n TV met sekere plaaslike kanale. Die eenheid het binnenshuise én buite-braaigeriewe.

Daar is ’n onderdakstoep met ’n braai en ingeboude sitarea met lieflike uitsigte oor die see na die weste. Die stoeparea lei na ’n ruim dekarea met nog 2 buite-braaigeriewe, 2 piekniektafels en sement stoele wat ’n uitsig oor die see bied.

Die woonstel is ideaal geleë en vinnige stapafstand van die strand, plaaslike winkels en restaurante af.

Slaapplek

’n Bespreking by Albatros Apartment Unit 8 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Kindermatras vir 1
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
3 xKindermatras vir 1
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 6 resensies vir Albatros Apartment Unit 8
Netheid
4.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Voortrekkerstraaat 29, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Albatros Apartment Unit 8 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 350
per nag (plek vir 10)
Vanaf R3 350
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerstraaat 29, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlNWQxYmVhLTI0ODMtNDRiYS1hZjM3LTgwMDYyMjAwZGE2Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 350  per nag (plek vir 10) 6 5 1 5 29 Voortrekker Street Lamberts Bay 8130 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -32.095965 18.302712
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!