Britannica Heights Akkommodasie by Albatross | LekkeSlaap
+41

Albatross

3 resensies
Selfsorg
Spesiale Aanbod

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 26 Feb 2020 tot 30 Sep 2020.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vasco Da Gama-rylaan 46, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 R567 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Albatross is in die kusdorpie St. Helenabaai op die granietkoppies van die St. Helenabaai-skiereiland geleë. Dit is sowat 150 km vanaf Kaapstad en is die ideale bestemming vir gaste wat die Weskus en Swartland wil verken. Albatros bestaan uit 'n woonstel met slaapplek vir 2 en 'n selfsorgvilla met slaapplek vir 6.

Die woonstel is goed toegerus en het 'n en suite-slaapkamer en 'n oopplan-sitkamer en kombuisie. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n groot, oop stort, wasbak en toilet. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n kombuisie met 'n yskas-vrieskas, oondjie, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n klein eetkamertafel. Dit lei na 'n patio met 'n braai-area en stoepmeubels met uitsigte oor St. Helenabaai.
WiFi is ook beskikbaar.

Die Villa is goed toegerus en het 3 ruim slaapkamers. Die groot oopplan-sitarea, -eetkamer en -kombuis lei na 'n ruim onderdak patio met fantastiese uitsigte oor die baai. Die leefarea het gemaklike sitareas en 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, elektriese stoof en oond, asook 'n ingeboude tweeplaat-gasstoof, mikrogolfoond, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ruim etenstafel. 'n Groot binnebraai is deel uit van die kombuis. Die sonkamer bied 'n verdere sitarea. Die sit- en sonkamer lei na 'n ruim onderdakpatio met stoepmeubels en uitsigte oor St. Helenabaai. Die huis word met diefwering en 'n veiligheidshek beskerm.

Plaaslike restaurante bied verskeie opsies waarvan gaste kan kies. Indien gaste eerder by die huis wil bly en ontspan, bied die plaaslike Spar en OK ook verskeie opsies. Verder het die plaaslike Poetsies Deli ook bevrore maaltye en vars brood.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Albatross
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Vasco Da Gama-rylaan 46, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Albatross het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R850
Vanaf R567
per nag (plek vir 2)
was R850
Vanaf R567
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vasco Da Gama-rylaan 46, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAALdkoIcWM8Ojd1HrCL1sAtkBuadkjwMfrDr7O1Abe1INYzlXkPb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R850, nou Vanaf R567  per nag (plek vir 2) 3 5 1 5 46 Vasco da Gama Drive St Helena Bay 7390 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -32.746429648798 17.996315022754
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za