Albatross Nest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Albatross Nest bied puik verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers in Saldanha aan die Weskus. Dit is lekker naby die strand, winkels, restaurante, en talle doendinge en besienswaardighede.

Albatross Nest het 5 slaapkamers. Elke slaapkamer het ’n yskassie, kluis, haardroër en koffiestasie met ’n klein ketel.

Daar is 1 gemeenskaplike kombuis wat ten volle toegerus is en ook vir die selfsorggaste beskikbaar is. Let wel dat geen groot maaltye hier voorberei kan word nie. 'n Eenmalige fooi is vir die gebruik van die selfsorg-kombuis betaalbaar.

Albatross Nest het 'n luisterryke 180º-uitsig oor Saldanhabaai en oorgenoeg veilige parkeerplek.

Gewilde besienswaardighede en dorpe in die omgewing sluit Paternoster, Jacobsbaai, Club Mykonos, Lambertsbaai, Kaapstad en die pragtige wynlande in. Die Weskus se pragtige veldblomskouspel van Augustus tot September is elke jaar 'n groot hoogtepunt.

Die mossel- en visbedryf in die baai is een van die mees gesogte industrieë in die land. Saldanha se restaurante bied ’n groot verskeidenheid seekos. Nie een van die talle eetplekke in Saldanha kan uitgesonder word nie, aangesien elkeen puik diens lewer en smaaklike etes voorberei.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Albatross Nest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za