Albatross Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Albatross Villa bied slaapplek aan 8 gaste in Klein Slangkop, 'n sekuriteitslandgoed in Kommetjie.

Dié villa het 2 vlakke en gedeeltelike see-uitsigte. Daar is 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Dié kamer maak oop op 'n dek met 'n uitsig oor die see. Die tweede en derde slaapkamers het dubbelbeddens en en suite-badkamers met storte. Hierdie kamers het gedeeltelike see-uitsigte. Die vierde slaapkamer het 'n aparte ingang, driekwartbed, en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, en 'n wasmasjien. Daar is eetareas op die boonste én die onderste vlak, elk met 'n eetkamerstel vir 6.

Die boonste sitarea het 'n TV met DStv- en 'n DVD-speler en dit maak oop op 'n klein dek. Die onderste sitkamer het ook 'n TV met DStv en dié kamer lei na die swembad-dek.

Gaste kan heerlik ontspan in die Jacuzzi of om die swembad, of die sonsondergang van die dek af bewonder. Braaigeriewe en parkeerplek is beskikbaar op die perseel. En die villa se alarmstelsel skep ekstra gemoedsrus.

Albatross Villa is net 'n klein entjie se stap van die strand af. Gaan maak gerus 'n draai as jy in die branders wil baljaar of net lekker in die son wil ontspan.

Slaapplek

'n Bespreking by Albatross Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Albatross Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 654 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za