Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Albertinia Hotel

Hotel
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 61, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R990 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die bekoorlike en unieke Albertinia Hotel is in 1900 gevestig en het sedertdien 'n uitstekende naam opgebou vir plattelandse gasvryheid en Tuinroete-verblyf op sy beste. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en hartlike gasvryheid op die Tuinroete.

Die wonderlike atmosfeer, kos, gerieflike verblyf en goeie diens het die hotel nasionaal en internasionaal bekend gemaak. Die verblyf bestaan uit 10 slaapkamers wat elk uniek versier is. Die kamers is ingerig met of 'n enkelbed, dubbelbed of 2 enkelbeddens. Elke kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Geriewe in die kamers sluit 'n waaier, verwarmer, 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Gaste kan 'n heerlike ontbyt geniet in die restaurant op die perseel. Die restaurant bedien ook ander puik etes wat ietwat legendaries geword het. Daar is 'n kroeg met goeie voorraad, waar verskeie drankies bestel kan word. Vir ons sakereisigers bied Albertinia Hotel konferensiegeriewe en ons het ook 'n venue vir troues en sosiale geleenthede. Spyseniering is beskikbaar.

Parkeerplek is beskikbaar vir voertuie op die perseel. Die dorpie self is klein en rustig en geleë teen die voet van die Langeberge op die Tuinroete. Die Jakkalsvlei Wynkelder is net 'n entjie met die straat op en is oop vir die publiek.

Gebruik Albertinia Hotel as jou blyplek as jy die verskillende doendinge en besienswaardighede van die omgewing op die proef stel. Ander prettige doendinge wat gaste kan geniet sluit in: gholf, voëlkyk, wildritte, 4x4-roetes, hengel en fabrieke wat aalwynprodukte vervaardig. Dit alles is binne 10 minute se ry van ons af.

Kenmerke

Veilige Parkering

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 45 resensies vir Albertinia Hotel
Netheid
4.1/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Hoofweg 61, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Gaste dink Albertinia Hotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R990
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R990
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 61, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI3ZjVlZjFiLTQ1NGMtNDgzMC1hODczLTA2MGEzODYxODY3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag, vir 2 mense 45 5 1 5 61 Main Road Albertinia 6695 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.203434957683 21.584779373016