AlCoPe Residence
Kry 15% af vir verblyf wat 8 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Burgerlaan, Proteahoogte, 7560, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 14
-
Vanaf
R620R527 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
AlCoPe Residence bied gerieflike oornagverblyf in die stil woonbuurt Proteahoogte in Brackenfell, een van die noordelike voorstede van Kaapstad.
Hierdie selfsorg-eenheid is langs die hoofhuis geleë en beskik oor 'n privaat ingang en parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Die eenheid het 'n oopplan-uitleg met 'n leefarea, 'n slaaparea, 'n kombuisie en 'n en suite-badkamer.
Die slaaparea het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n instapstort, toilet, wasbak en 'n wasmasjien. Alle beddegoed, handdoeke en toiletpapier word voorsien. Hoewel seep en sjampoe op versoek voorsien kan word, word gaste aangemoedig om hul eie te bring.
Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, braaipan, prutpot, breekware en eetgerei toegerus.
Die leefarea het 2 gemakstoele, 'n slim-TV en lugversorging. Let daarop dat die slim-TV slegs toegang tot Netflix het, maar gaste kan met hul eie DStv Now- en YouTube-besonderhede inteken. Daar is ook Wi-Fi. Die eenheid lei na 'n stoep met 'n draagbare braai.
Tydens verblyf langer as 'n week word die eenheid een keer per week skoongemaak en die beddegoed vervang.
AlCoPe Residence is 2 km vanaf die Checkers-winkelsentrum, 3 km vanaf Fairbridge Mall, 4 km vanaf die Pick 'n Pay Hipermark en 5 km vanaf Mediclinic Cape Gate geleë. Die woonstel is naby die N1-snelweg en groot winkelsentrums soos Cape Gate, Tygervallei en Century City. Die Stellenbosch- en Durbanville-wynroete is albei minder as 30 km van die woonstel af.
Slaapplek
’n Bespreking by AlCoPe Residence sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Burgerlaan, Proteahoogte, 7560, Wes-Kaap
- Gaste dink AlCoPe Residence het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Protea Hoogte Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Burgerlaan, Proteahoogte, 7560, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 14