Alfeeet's Self-catering Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Alfeeet's Self-catering Cottage is 'n moderne selfsorg-eenheid vir 2 gaste in Durbanville se middedorp.

Dié oopplan-eenheid is op die boonste verdieping van die eienaar se huis geleë en het sy eie privaat ingang en 'n uitsig op die Boland se berge. Die eenheid is ideaal vir 2 gaste en het lugversorging, 2 ekstra lang enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed, en 'n privaat badkamer met 'n stort. Handdoeke en seep word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, Snappy Chef en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Eerlikheidskroegie met peuselhappies word ook voorsien. Die eenheid het ook 'n TV met DStv en gratis WiFi is beskikbaar.

'n Volledige ontbyt is ingesluit by die tarief en sluit koffie, tee, melk, suiker, beskuit, vrugtesap, jogurt, muesli, graanvlokkies, koue vleis, kaas en gekookte eiers of 'n ommelet in. Die ontbyt word in die yskas gesit en gaste help hulself wanneer hulle wil eet. Die eenheid word 3 keer per week skoongemaak en onderdakparkeerplek word voorsien vir gaste.

Alfeeet's Self-catering Cottage is sentraal en naby winkelsentrums, hospitale en Durbanville se wynroete geleë. Die verblyf word hoofsaaklik deur sakereisigers bespreek, maar dit bied ook baie bederf en gerief, vir gaste wat rustig wil wegbreek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Alfeeet's Self-catering Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]