Alford House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Alford House bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n vierslaapkamerhuis in Ramsgate. Dié eiendom is lekker naby die strand, winkels en restaurante, en dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie.

Die huis het 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, en 'n oopplan-eet en -sitarea. Die eerste twee slaapkamers het koningingrootte-beddens, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens, en daar is 'n stapelbed in die vierde slaapkamer. Die sitkamer het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, so onthou om jou eie dekodeerder en slimkaart saam te bring. Die kombuis het 'n yskas, oond en stoof, en 'n mikrogolf. En die groot braai-area het genoeg plek vir kinders wat wil baljaar.

Alford House het 'n tuin en 'n inrypad en daar is ekstra parkeerplek vir motors. Verder is die eiendom omhein en toegerus met 'n alarmstelsel, en toegang word verkry deur middel van afstandbeheer. Ramsgate Spar, Scooters Pizza, The Waffle House, Blue Lagoon Restaurant, en Ramgsgate se Blouvlagstrand is net 'n hanetreetjie van die huis af.

Slaapplek

'n Bespreking by Alford House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Alford House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za