Hartenbos Akkommodasie by Alikreukel | LekkeSlaap
+11

Alikreukel

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaap de Goede Hoop-laan, Alikreukel, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R820 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Alikreukel is 'n grondvloer-woonstel in Hartenbos met slaapplek vir 6.

Die woonstel is gerieflik ingerig en beskik oor 2 slaapkamers wat die gebruik van die badkamer met 'n stort deel. Die kamers is ingerig met dubbelbeddens en 'n stapelbed is beskikbaar in die sitarea. Gaste moet asb. hul eie beddegoed, linne en handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is ingerig met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof en 'n oond asook die nodige kooktoebehore. Daar is nog vriesgeriewe in die leefarea.

Die sitarea het 'n TV en 'n DStv-dekodeerder. Die dekodeerder kan aangesit word teen 'n addisionele koste per dag, of bring eie dekodeerder en slimkaart saam. Onderdakparkeerplek vir 1 voertuig is tot gaste se beskikking.

Die grondvloer-woonstel is ook die enigste woonstel in die kompleks met sy eie ingeboude braai. Die ander grondvloer-eenhede gebruik gemeenskaplike braai-areas.

Alikreukel is net 250 m van die strand en 200m van verskeie winkels en restaurante af. Hartenbos bied ook 'n verskeidenheid besienswaardighede, vanaf die ATKV-Hartenbos Museum van die Groot Trek, die ATKV-Oord, die Hartenbos Waterpark en vele meer.

Slaapplek

’n Bespreking by Alikreukel sluit in:

Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer
Plek vir 6 persone
2 xDubbelbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 12 resensies vir Alikreukel
Netheid
4.5/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Kaap de Goede Hoop-laan, Alikreukel, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Alikreukel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R820
per nag (plek vir 6)
Vanaf R820
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaap de Goede Hoop-laan, Alikreukel, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU1YjZhZjJmLTgwNWYtNDQxMi05NTA1LTdlMjJhZjdjNzNlOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R820  per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 Kaap de Goede Hoop Avenue Alikreukel 6520 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.126053111005 22.115367319743
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za