Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Alista

Selfsorg
Alista
Vanaf
Vanaf R1 690
per eenheid
Beskrywing

Alista bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n tweeslaapkamerwoonstel reg op die strand wat sydelings uitsigte oor die see bied. Dis in Point Village in Mosselbaai geleë en dis sommer lekker naby aan restaurante en strande. Die woonstel bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea en 'n balkon buite. Die eerste slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort. Die leefarea het 'n TV met DStv en die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond en stoof, broodrooster, wasmasjien, tuimeldroër en 'n eetarea. Die balkon bied gemaklike sitplek op buitemeubels en die woonstel beskik oor ingeboude braaigeriewe. Daar is 'n pendeldiens na en vanaf George-lughawe beskikbaar. Die dorpie Mosselbaai is halfpad tussen Kaapstad en Port Elizabeth geleë en dis in die hartjie van die Tuinroete. Dus is dit 'n ideale oornagplek vir reisigers tussen die Wes- en die Oos-Kaap. Mosselbaai is 'n welbekende toeristebestemming en dis veral bekend vir sy poskantoor in die vorm van 'n skoen, die Tuinroete-kasino en 60 km se spierwit strande. Besienswaardighede sluit in die Kaap St Blaize-vuurtoring, die Mosselbaai-gholfklub, Ochre Barn, Ther Old Joinery, die oorlogsgedenkteken, Zorgfontein-wildsplaas, Botlierskop Privaat Wildreservaat. Verder is daar 'n hele rits doendinge in Mosselbaai vir die adrenalienvrate, insluitend haaihokduik, skeepswrak-duik, motorbootritte, township-toere, reksprong en vryval.

Die eenheid/kamer het
Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Tariewe
Kamergeriewe
Badkamer
  • Bad
  • Stort
Elektriese Toebehore
  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof
Vermaak
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Die breekskadedeposito is 7 dae na vertrek terugbetaalbaar indien alles in orde is by die eenheid.

Gaste kan later inklok indien hulle vooraf reël.

Addisionele fooie sal gehef word in die geval van enige van die onderstaande situasies:

- Indien gaste in die eenheid rook
- Indien die skottelgoed nie gewas is voor vertrek nie
- Indien gaste die eenheid nie toesluit nie
- Indien gaste nie die sleutels met vertrek teruggee nie
- Indien gaste na die inkloktyd arriveer
- Indien meer gaste as waarvoor bespreek is die eenheid beset
- Indien daar enige merke of vlekke op die meubels of matte is
- Indien troeteldiere in die eenhede is sonder toestemming
- Enige breekskade of tekortkominge
- Enige buitensporige geraas of stoornisse wat veroorsaak dat die bure kla
- Indien gaste die inhoud van verskillende eenhede meng bv. eetgerei en breekware ens.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 6 maande voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R1 690
per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Alista, Point Village-kompleks, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6f746c5d72dcb1907a25f3c39889dd7d9c1ac1adee2cf5bac0155ef49e18ad842a20f3b2c6a8721ca83b0979bee231cff12d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 690 per nag (plek vir 4) 5 5 1 5 Alista Point Village Complex 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -34.182686252619 22.157186733799
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem