Aliwal Shoal Sands
Beskrywing
Aliwal Shoal Sands is die perfekte bestemming vir 'n selfsorg-strandvakansie. Word wakker saam met die sonsopkoms, teug aan 'n bietjie koffie en wikkel jou tone in die sand. Eet ontbyt terwyl jy kyk hoe die dolfyne in die branders baljaar en gaan wandel smiddae op die stil strand. Geniet 'n glasie wyn en ontspan met 'n piekniek op die strand terwyl die son ondergaan. Braai saans 'n lekker vleisie en luister hoe die branders op die strand breek.
Aliwal Shoal Sands is op die stil Clansthal-strand, aan die Suidkus tussen Scottburgh en Umkomaas, geleë. Aliwal Shoal Lodge kyk direk uit oor die Aliwal Shoal-duikplek wat as een van die top 10-duikplekke in die wêreld beskou word. Groenpunt se branderplankrybestemming is ook net 500 m vanaf Aliwal Shoal Sands se agterdeur.
Aliwal Shoal Sands het slaapplek vir 20 gaste. Dié lodge het 'n hoofhuis wat slaapplek vir 16 bied en 'n woonstel met slaapplek vir 4. 'n Totaal van 9 kamers is beskikbaar.
Die hoofhuis het 7 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed en die sesde slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Die sewende slaapkamer het 'n dubbelbed.
Die woonstel het 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer.
Die hoofhuis beskik oor 'n kombuis en 'n oopplan-eetarea en -leefarea. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorgverblyf met 'n yskas, vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Die eetkamer het 'n groot eetkamertafel met stoele en bankies. Die leefarea het gemakike rusbanke en 'n tafeltennisblad. Die sitkamer bied toegang tot 'n patio en tuin met oorgenoeg buitemeubels en braaigeriewe. Die tuin het 'n hekkie wat direk na die strand lei.
Slaapplek
'n Bespreking by Aliwal Shoal Sands sluit in:
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelbed
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Kenmerke
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Aliwal Shoal Sands gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |