LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Allandale Safaris | LekkeSlaap
+23

Allandale Safaris

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Allandale Game Farm, , Jansenville, 6265, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Allandale Safaris bied verblyf in bekoorlike chalets met alle maaltye ingesluit. Dit is op 'n privaatplaas in Jansenville in die Oos-Kaap geleë. Dit is ideaal vir gaste wat opsoek is na gerieflike verblyf, rustigheid en hartlike gasvryheid. Jy kan ook wildritte en ander aktiwiteit op die plaas ervaar.

Die akkommodasie by die Allandale Safaris bestaan uit 3 chalets en 1 selfsorgkothuis. Die chalets is gemeubileer met 2 enkelbeddens of 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die geriewe in hierdie eenhede sluit die volgende in: lugversorging, haardroër, elektriese komberse, radio-horlosie, komplimentêre koffie- en teemaakgeriewe en 'n privaat veranda.

Die selfsorg-eenheid se naam is Kliphuisie en daar is slaapplek vir tot 4 gaste. Dit is heeltemal toegerus vir alle selfsorgbehoeftes. Die eenheid het 2 slaapkamers, 1 badkamer wat gedeel word, 'n sitkamer met netjiese en gerieflike sitplek en privaat braaigeriewe.

Gaste by Allandale Safaris sal lekker smul aan die etes wat alles by die tarief ingesluit is en boonop word 1 wildrit ook by die tarief ingesluit. Daar is talle doendinge wat ervaar kan word op die plaas, soos 4x4-ritte en begeleide wandelinge. Die plaas spog met 'n klomp wildspesies soos elande, sebras, impalas, koedoes en gemsbokke.

Ligging

  • Allandale Game Farm, , Jansenville, 6265, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Allandale Game Farm, , Jansenville, 6265, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRkMDhmNzU1LTcxZDctNDA2OC05ODA1LWFhMzliYzM3NTlmMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 4) Allandale Game Farm Jansenville District 6265 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.952186219385 24.977152943902
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!