Allikreukel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Alikreukel C38 is 'n selfsorgwoonstel wat in Hartenbos geleë is. Die woonstel is in 'n sekuriteitskompleks op die eerste verdieping wat naby die ATKV-vakansieoord en net 130 m van die strand af geleë is. Die nuwe ATKV-ontwikkeling, wat die pretpark en winkelsentrum insluit, is net 50 meter vanaf die woonstel geleë. Gaste parkeer eenvoudig hulle motors en hul voete doen die res! Daar is 'n see-uitsig vanaf balkon, maar dit word versper deur die ATKV se bome.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer word deur die 2 kamers gedeel en dit het 'n bad, stort en 'n toilet.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond en 'n wasmasjien. Die sitkamer beskik oor 4 gemaklike stoele asook 1 klein en 1 groot koffietafel en 'n TV met 'n volledige DStv-pakket. Die leefarea lei uit na 'n balkon met sitplek buite met plastiektafel en 4 stoele.

Die woonstel het sy eie afdak. Gaste kan gebruik maak van die gemeenskaplike geriewe in die kompleks, insluitende 'n swembad en braaigeriewe asook wasgoedgeriewe.

Volledige DStv-pakket, elektrisiteit asook braairooster is ingesluit by tariewe.

Slegs persone wat die bespreking gedoen het sal toegelaat word tensy vooraf gereël. Slegs 4 persone sal in die eenheid toegelaat word.

Let asb. daarop dat ons slegs besprekings tot 12 maande voor die inklokdatum aanvaar, nie langer nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Allikreukel sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Allikreukel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | bespre[email protected]

// Hotjar AB false