Aloe Avenue

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aloe Avenue is in Westridge in Somerset-Wes geleë en bied gerieflike verblyf vir sakereisigers, vakansiegangers en oornaggaste. Dit is naby verskeie winkels, 10 minute se ry van Stellenbosch af, en 5 minute se ry vanaf die Strand. dis ook naby talle restaurante, doendinge en besienswaardighede in die omgewing. Kaapstad en die V&A Waterfront is net 50 minute se ry weg!

Die verblyf bestaan uit 2 lieflike slaapkamers in 'n groot huis met slaapplek vir 4 gaste. Elke kamer het 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort of 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kamers het privaat ingange, koffie- en teemaakgeriewe en 'n lessenaar waar gaste kan werk. Gaste het ook toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Gedurende die Desembervakansie word die huis as geheel bespreek vir 6 gaste. Die huis bied 'n swembad en onderdak patio met braaigeriewe. Daar is ruim leefareas, 3 slaapkamers, elk met 'n dubbelbed en eie badkamer. Die kombuis en huis is ten volle toegerus vir selfsorg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aloe Avenue gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za