Aloe Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aloe Cottage is 'n drieslaapkamerhuis wat ingerig is vir selfsorg. Dit is op die Selborne Park Gholflandgoed in Pennington, KwaZulu-Natal geleë. Die huis is volledig toegerus en het slaapplek vir 6 gaste.

Die sitkamer is modern gemeubileer met leer rusbanke en daar is 'n groot platskerm-TV met volledige DStv. Die oopplan-eetarea het 'n tafel met sitplek vir 6 en die area lei na die stoep. Die onderdakstoep het stoepmeubels en 'n ingeboude braai. Langs die eetarea is die moderne kombuis, met lieflike graniettoonbanke. Dit is volledig toegerus vir selfsorg met eetgerei, breekware, 'n ketel, broodrooster, mikrogolfoond, stoof, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en wasmasjien.

Die ruim hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en kyk uit oor die gholfbaan deur groot vensters. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Al 3 kamers het en suite-badkamers met 'n stort en bad.

Gaste wat by Aloe Cottage woon is welkom om gebruik te maak van die geriewe op die landgoed. Behalwe vir die 18 putjie-gholfbaan is daar ook 'n swembad, tennisbaan met spreiligte, 'n speelarea met 'n klimraam, swaaie, glyplanke en 'n plonspoel. Die gholfklub het ook 'n restaurant en 'n kroeg waar heerlike maaltye geniet kan word.

Die landgoed het elektriese heinings en 24 uur-sekuriteit. Natuurliefhebbers kan op die landgoed stap waar duikers, bosbokke, muishonde en meer as 160 voëlsoorte te sien is.

Slaapplek

'n Bespreking by Aloe Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Duits
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aloe Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false