Aloe Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aloe Cottage is 'n selfsorgeenheid wat in 'n stil woonbuurt in Nelspruit geleë is.

Dié oopplan-kothuis het 'n slaaparea, 'n en suite-badkamer, 'n kombuisie en 'n privaat ingang met 'n patio. Die slaaparea is ingerig met 'n dubbelbed en daar is 'n stort in die badkamer.

Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof, 'n yskas-vrieskas, 'n ketel, breekware en eetgerei. Die eenheid bied toegang tot 'n patio met 'n tafel en 2 stoele. 'n Waaier, draagbare braaier, 'n platskerm-TV, 'n verwarmer en WiFi is beskikbaar. Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar.

Die berge rondom Nelspruit het tientalle uitstekende voetslaanroetes. Die Nelspruit Natuurreservaat het ook verskillende lekker staproetes. Pak die Green Heritage-staproete aan en geniet die inheemse plantegroei, verskeie voëlspesies en bokke wat hier te siene is. Talle sportwedstryde, vertonings en uitstallings word gereeld by die Mbombela-stadion aangebied.

Slaapplek

'n Bespreking by Aloe Cottage sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aloe Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false