Aloe Country Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Aloe Country Lodge is 'n oulike gastehuis wat in die buitewyke van Piet Retief, ook bekend as Mkhondo, geleë is. Aloe Country Lodge is 'n plek waar outydse bekoring en moderne luuksheid saamsmelt. Ons is die ideale bestemming vir kranige toeriste én sakereisigers. Die lodge is sentraal geleë en die perfekte oornagplek vir gaste wat na die Krugerwildtuin, Durban, Johannesburg of Richardsbaai reis.

'n Rustige omgewing word geskep deur die lieflike fonteine, die ontwerperstuin en die volop voëllewe wat hier aangetref word. As gaste eers een keer hier by ons kom ontspan het, sal hulle telkens wil terugkeer!

Ons spog met 4 smaakvol versierde en suite-kamers wat elkeen oor 'n koningingrootte-bed en 'n sitarea beskik. Geriewe in die kamer sluit DStv, gratis WiFi, 'n verwarmer, 'n waaier, lugversorging, 'n yskas, mikrogolf en koffie- en teemaakgeriewe in. Braaigeriewe is ook beskikbaar. Parkeerplek in 'n motorhuis word voorsien, asook addisionele parkeerplek vir karavane en bote.

Maaltye word voorberei deur die lodge se inwonende sjef en dit word bedien in 'n knus atmosfeer. Aandete word net bedien met vooraf reëling.

Aloe Country Lodge het vriendelike en bekwame personeel, en skoon en gerieflike kamers. Ons gee baie aandag aan detail en strewe na uitnemendheid.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aloe Country Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 1)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false