Aloe Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aloe Place is 'n ruim selfsorgwoonstelletjie met 'n privaat ingang in die hartjie van Houtbaai wat spog met asemrowende uitsigte oor die see en die berg. Dié woonstelletjie is lekker sentraal, naby al die geriewe, openbare vervoer, en net 5 minute se ry vanaf die strand en verskeie staproetes.

Aloe Place kry baie sonlig en lug en het 'n Afrika-strand-atmosfeer. Dit is geskik vir enkelinge, paartjies, sake en plesier. Die uitleg is oopplan, daar is 2 enkelbeddens wat teen mekaar geskuif kan word en daar is 'n en suite-stort, 'n wasbak en toilet.

Die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg met 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n eetkamertafel met sitplek vir 2 gaste. Die gemaklike sitarea het 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar op versoek.

Parkeerplek is beskikbaar vir 'n medium-grootte-voertuig op die perseel. Aloe Place het 'n swembad, maar as gevolg van die waterbeperkings is dit tydelik nie beskikbaar nie. 'n Wassery is beskikbaar in die omgewing. Verskeie restaurante, 'n Super Spar en Spar Tops is naby die verblyf.

Slaapplek

'n Bespreking by Aloe Place sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aloe Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za