Alomsee 6

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Alomsee 6 is 'n lieflike woonstel vir 6 gaste by die see in Ballito.

Die woonstel spog met 'n groot balkon en 'n 180°-uitsig oor die see, en beskik oor 3 slaapkamers met plafonwaaiers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, sowel as 'n TV en toegang tot die balkon. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, skottelgoedwasser en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Maaltye kan by die etenstafel geniet word.

Die sitarea het 'n TV met DStv en dit lei na die balkon met braaigeriewe en sonstoele.

Parkeerplek is beskikbaar, en die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en toegang tot die strand. Rook is verbode in Alomsee 6 en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Ballito spog met uitstekende strande en warm water wat dit ideaal maak vir branderplankry, lyfplankry, swem, duik, visvang en nog meer. Besienswaardighede in die omgewing sluit Crocodile Creek, die King Shaka Erfenisroete, die Ballito Leefstylsentrum en verskeie restaurante en winkelsentrums in.

Slaapplek

'n Bespreking by Alomsee 6 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Alomsee 6 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false