AmaKhosi Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Welkom by AmaKhosi Guesthouse, jou eerste keuse vir verblyf in Hermanus.

AmaKhosi is 'n gastehuis met ruim en suite-kamers wat almal individueel, volgens 'n Suid-Afrikaanse tema, versier is.

Geniet die ontspanne atmosfeer langs die swembad of in ons ruim gastekamers met privaat badkamers en balkonne wat uitkyk op die berge, die see of die tuin. Geniet 'n skemerkelkie op die balkon terwyl jy luister na die geruis van die see en die wind wat teen die berge fluister. Ons bied 'n heerlike buffet-ontbyt sowel as 'n warm ontbyt aan en sal nie huiwer om elke poging aan te wend om jou verblyf by ons so gerieflik en onvergeetlik as moontlik te maak nie. Al ons kamers beskik oor DStv en die gastehuis bied gratis WiFi.

Ons voorsien veilige parkeerplek van die straat af.

Ons is in Sandbaai in Hermanus, geleë, slegs een blok van die see af en 5 - 10 minute se ry van Hermanus se middedorp af. Die Kaapstad Internasionale Lughawe is slegs een uur per motor van ons af.

Die moontlikhede vir vakansie-vermaak by ons is veelvoudig en ons sal jou graag met die keuse daaromtrent help aangesien dit beslis die mees waardevolle tyd van jou jaar is!

By ons sal jy so tuis voel soos by jou eie huis.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits
  •  Italiaans
  •  Spaans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na AmaKhosi Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R945 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za