Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Amanzimtoti's Ultimate Vacation

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 111, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Amanzimtoti is een van KwaZulu-Natal se gewildste bestemmings, en hierdie moderne woonstel met 'n 90°-see-uitsig is teen die strand geleë met 'n geplaveide promenade na die hoofstrand. Die strand beslaan 7 km en die toestande is ideaal vir swem in die see in die dele waar daar haainette is. Hengelaars is ook gaande oor hierdie stukkie kuslyn.

Lewensredders beman die strand direk oorkant die hoofgebou tydens spitsseisoen. By die hoofstrand (stapafstand) is daar 'n waterpark, TV en vermaaklikheidskroeg, Spur, swembaddens vir die kinders en ander restaurante - daar is dus iets vir elke lid van die familie!

Verder af in Kusweg is 'n strandmeer waar mens roeibote kan huur, of die kinders kan baljaar in die pretpark met sy stampkarretjies, towerarkade en kegelbal, terwyl die ouers 'n ete of iets te drinke by die restaurant nuttig.

Op reënerige dae sal die Galleria-winkelsentrum (sowat 2 km van die woonstel af) die hele gesin besig hou. Daar is allerhande winkels, 'n yskaatsbaan, 'n fliek, 'n pretpark met 'n glim-in-die-donker grot, mini-gholf, kegelbal, stampkarretjies en allerhande speletjies. Amanzimtoti het al die winkels wat jou hart begeer: Makro, Fruit and Veg, Pick and Pay Hipermark en vele meer.

Aliwal Shoal is skaars 20 minute per boot van Amanzimtoti af, en is deur Diver Magazine as een van die wêreld se top tien duikplekke gegradeer. Hier kan jy duik saam met tierhaaie en hamerkoppe. Moenie verbaas wees as jy ook die enorme Brindle Bass en verskillende tipes rôe ook bespeur nie.

Interieur:

Die interieur en die huishouding is uit die boonste rakke. Die eenheid bied slaapplek vir 6 gaste en toegang word verkry deur middel van 'n elektroniese skyfie, wat beteken dat dit een van die veiligste woonstelle in die omgewing is.

Die ruim, moderne, oopplan-kombuis is volledig toegerus met 3 wasbakke, 'n mikrogolfoond, gasstoof, groot yskas-vrieskas ens. Daar is ook 'n ontbythoekie.

Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n familiegrootte-stort. Die tweede badkamer is oorkant die tweede slaapkamer en het 'n hoekbad. Die tweede slaapkamer het ook 2 enkelbeddens en 'n dubbelbed om 4 mense te akkommodeer. Daar is ook genoeg pakplek vir almal.

Die woonstel het 'n platskerm-TV, DVD-speler en DStv-dekodeerder, en daar is ook 'n braai-area en wasgoedlyne.

Slaapplek

’n Bespreking by Amanzimtoti's Ultimate Vacation sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 44 resensies vir Amanzimtoti's Ultimate Vacation
Netheid
4.7/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Elize Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 118

Jaar gelys 10

Ligging

  • Kusweg 111, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Amanzimtoti's Ultimate Vacation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 111, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc3MGMxMzVkLTE5MTUtNGMwYi05MTI3LTFhNGY2ZWVjZDgxZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 6) 44 5 1 5 111 Beach Road Amazibu 402 4125 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -30.045651517464 30.892750024796
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem