Clarens Akkommodasie by Amarola | LekkeSlaap
+52
+52

Amarola

  • Vanaf R1 690 per nag (plek vir 5)
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Larola-straat, Larola Chalet 35, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Amarola is 'n semi-aparte selfsorg-chalet in Clarens. Dié chalet is ideaal vir diegene wat smag na 'n stil, rustige tydjie in hierdie skilderagtige dorpie in die Oos-Vrystaat.

Die chalet bied slaapplek aan 5 mense. Daar is gemaklike slaapplek vir 4 volwassenes, maar dis is effens klein vir 5 volwassenes. Dit het 'n oopplan-area met 1 koninggrootte-bed op die onderste verdieping en 1 enkelbed en dubbelbed op die boonste verdieping. Al die beddens is oorgetrek met gehaltelinne en donsveer-duvets en -kussings.

Die chalet het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die chalet het 'n 4 sitplek-eetkamertafel en stoele en 'n kombuisie wat volledig toegerus is en 'n tweeplaatstoof het. Gaste kan ook op die stoep kuier en braai. Buite is daar 'n bekoorlike sitkamer en Weber-braaigeriewe.

Let asb. daarop dat daar 4 verwarmers in die huis is vir die winter. Elektriese komberse en ekstra komberse word voorsien. Let daarop dat eienaars en bestuur nie aanspreeklik gehou kan word vir water- en kragonderbrekings nie.

Spesiale aanbiedinge sluit vakansies uit.

Gaste kan verskeie restaurante en kunsvlytwinkeltjies in hierdie bekoorlike dorpie besoek. Neem die pad na die Golden Gate Nasionale Park of geniet doendinge soos visvang, voetslaan, perdry, riviervlotvaart, verfbal, bergfietsry, Zipline, gholf op 'n wêreldklas gholfbaan en 4x4-roetes en nog baie meer.

Slaapplek

’n Bespreking by Amarola sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 5 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 17 resensies vir Amarola
Netheid
4.4/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
3.9/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Larola-straat, Larola Chalet 35, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Amarola het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 690
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 690
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 690
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Larola-straat, Larola Chalet 35, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAz1GzaFv1akfRGDQ3nGn1IJBgQaLl1LVYs2hKk5c9quir1rEirl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 690  per nag (plek vir 5) 17 5 1 5 Larola Street 35 Larola Chalet 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -28.518239743651 28.427786529064
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za