Amarula Bush House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Amarula Bush House bied gemaklike selfsorg-verblyf in 'n 2-slaapkamer-grasdakhuis. Dis in die Marloth Park Bewarea, naby die Krokodilrivier, geleë.

Die huis het lugversorging met teëlvloere deur die hele huis en isolasie-teëls aan die buitekant om die huis in die somer koel te hou. Daar is 2 en suite-slaapkamers, 'n kombuis, eetkamer en sitkamer. Daar is 'n ekstra sitkamer op die boonste verdieping wat lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die bos. Die eerste en suite-badkamer het 'n stort en die tweede een het 'n bad. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond en stoof.

Marloth Park is die tuiste van kameelperde, koedoes, rooibokke, wildebeeste, sebras en vlakvarke, wat van tyd tot tyd die eiendom besoek. Die gemeenskaplike swembad en die Krokodilrivier, wat die suidelike grens van die Nasionale Krugerwildtuin is, is stapafstand vanaf Marloth Park. Die omheinde Lionspruit-wildreservaat is nie ver van die huis af nie, en die gebrul van die leeus kan dikwels in die nag gehoor word. Die ligging is ideaal vir diegene wat die Krugerwildtuin wil besoek. Dis ongeveer 25 km vanaf die Krokodilbrughek en 40 km van die Malelane-hek af.

Slaapplek

'n Bespreking by Amarula Bush House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Portugees

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Amarula Bush House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false