LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Amathunzi Private Nature Reserve | LekkeSlaap
+57

Amathunzi Private Nature Reserve

5 resensies
Wildsplaas
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Agterkliphoogte-weg, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Amathunzi is in 'n 3100 hektaar, ongerepte reservaat buite Robertson geleë. Dit is ideaal vir wild- en voëlkykers en die ontsagwekkende berge skep 'n luisterryke agtergrond. Natuurliefhebbers stroom hierheen om die panoramiese uitsigte oor die golwende heuwels en valleie gade te slaan.

Amathunzi het 3 privaat akkommodasie-opsies vir persone wat op soek is na rus, stilte en natuurskoon wat nie deur die samelewing vertroebel is nie.

Die Lodge is aan die oewer van die meer met 'n sentrale vermaak-area onder 'n grasdak en omring deur groot houtdekke. Hierdie lodge het 5 losstaande grasdak-chalets en elke chalet het 'n privaat ingang, stoep en kaggel, wat perfek is vir diegene vir wie privaatheid belangrik is.

Die herehuis is net 'n klein entjie se ry van die hoof-lodge af. Hierdie huis is ideaal vir 'n vriendegroep of gesin. Dit bestaan uit 'n ruim leefarea wat lei na 'n veranda met 'n swembad van klip en asemrowende uitsigte oor die reservaat. Daar is 6 slaapkamers en 4 badkamers wat verdeel kan word in 2 aparte vleuels. Die panoramiese uitsigte is absoluut betowerend.

Die bekoorlike kothuis beskik oor 1 en suite-slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir 2 kinders. Die kothuis het 'n selfsorgkombuis wat goed toegerus is. Die oopplanleefarea het 'n TV en lei na 'n stoep waar gaste heerlik kan braai en na die wild in die reservaat kan kyk.

Amathunzi Nature Reserve is 'n tuiste vir elande, gemsbokke, koedoes, sebras, en 2 kameelperde. Bespreek gerus 'n wildrit in 'n oop voertuig, of verken die reservaat te voet of op jou fiets.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 5 resensies vir Amathunzi Private Nature Reserve
Netheid
4.0/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Agterkliphoogte-weg, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink Amathunzi Private Nature Reserve het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Agterkliphoogte-weg, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7cNSG6kVo02ecBBXofSDq1md7umUFcsi7PYe2wus74YpuzUvXg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 4) 5 5 1 5 Agterkliphoogte Road Robertson 6705 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.875705156741 19.63086302397
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!