LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Amathunzi Private Nature Reserve | LekkeSlaap
+57

Amathunzi Private Nature Reserve

5 resensies
Wildsplaas

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 5 resensies vir Amathunzi Private Nature Reserve
Netheid
4.0/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
3.8/5
Elaine Z - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elaine Z

Wonderlike naweek!

Ons het die tyd by Amathunzi ongelooflik geniet. Puik geriewe, netjies, skoon en alles wat jy benodig vir 'n heerlike naweek. Die omgewing en plaaslewe is rustig en die swembad help vir daai warm dae. Bestuur is vriendelik en help graag met raad en laat jou tuis en welkom voel.

Amathunzi Private Nature Reserve's terugvoer

Thank you Elaine,
We glad you enjoyed your weekend.
Hope to see you on the farm soon again.
Kate Kitshoff
Amathunzi

Amathunzi Private Nature Reserve
Karen B - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Karen B
Gesin met klein kinders

Rus en vrede in pragtige natuur.

Ons het in die cottage gebly wat perfek is vir twee mense. Bietjie beknop vir drie mense. Kind slaap in die woonvertrek wat min ander spasie laat vir sit en kuier binnenshuis. Egter lekker stoepie met bomabraai en pragtige uitsigte. Sebras en kameelperde loop verby. Heerlike staproete en mooiste uitkykpunt. (Kan net bereik word met 4x4). Heerlike plaas vir 'n naweekwegbreek. Die Manor-huis en Lodge lyk na die ideale verblyfopsie vir groot groep mense. Luukser as Cottage.

Deon V - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Deon V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties ligging, maar die cottage is nie R1500 per nag werd nie.

DIe ligging is fantasties. Die bestuurder was baie vriendelik en behulpsaam. Daar is slaapplek vir 4 mense, maar daar was slegs 1 lang glas gewees waaruit 'n mens kon koeldrank drink. Daar was ook net 2 ordentlike wynglase. Die ander 1 was bitter klein en die 2de een was gekraak. Hoekom is daar slaapplek vir 4 mense, maar nie genoeg glase vir 4 mense nie? Die beddegoed op die koninggrootte-bed het baie oud gevoel. Dit was skoon, maar omdat dit so oud is, voel dit nog steeds of mens onder vuil beddegoed slaap. Ek stel voor julle koop net 'n nuwe stel plain wit beddegoed. Vir R1500 per nag, verwag mens darem 'n ordentlike wynglas en netjiese beddegoed.

Amathunzi Private Nature Reserve's terugvoer

Thank you Deon for your message. That is definitely not acceptable. We will address it immediately.
I would just wish you point it the matter with our manager at the time of your stay.
Thank you

Amathunzi Private Nature Reserve
Bianca R - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bianca R
Saam met vriende

Baie gerieflik en rustige wegbreek.

Tussen die berge weggesteek - kon behoorlik rus en die natuurskoon en diere geniet, veral die "mak" sebras wat gereeld kom kuier het.

Amathunzi Private Nature Reserve's terugvoer

We glad you enjoyed your stay Bianca!

Amathunzi Private Nature Reserve
Albert V - Jun 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Albert V
Gesin met klein kinders

Amathunzi - 'n Karoo ervaring so mooi jy wil nie terug huis toe nie!

Dis heerlik om weer stofpad te ry na 'n bestemming so mooi tussen berge en valleie soos Amathunzi. Dankie vir die netheid, die gerief van 'n fantasties toegeruste kombuis, hout en vuuraanstekers by die kaggel, die heerlike bad en stort. So uitgesien om ons dogtertjie van 1 jaar oud al die diere te wys MAAR hulle het vir ons weggekruip. Met ons aankoms Vrydaglaatmiddag het ons 3 sebras/bergkwaggas en 6 elande gesien en nie weer 'n dier die hele naweek nie. Ons was so teleurgesteld om nie meer wild te kon sien nie. 'n Aanbeveling dalk vir die winter is 'n elektriese kombers. Ons chalet 1 se deur het nie dig gesluit nie en die koue trek het my soms wakker gehou. Met ons volgende besoek sal ons sommer die hele plek boek en al ons vriende saambring! Dankie nogmaals - julle bedryf 'n juweel van 'n plek! Ons vlieg saam met julle Amathunzi en sal soos 'n swaeltjie beslis weer besoek kom aflê! Seënwense.

Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Agterkliphoogte-weg, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7cNSG6kVo02ecBBXofSDq1md7umUFcsi7PYe2wus74YpuzUvXg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 4) 5 5 1 5 Agterkliphoogte Road Robertson 6705 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.875705156741 19.63086302397
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!