LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Amber Guest House | LekkeSlaap
+1

Amber Guest House

13 resensies
Gastehuis

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 13 resensies vir Amber Guest House
Netheid
3.9/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
3.6/5
Rina H - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Rina H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vriendelik ontvang, netjiese, skoon kamers.

Ek sal Amber ten sterkste aanbeveel. Ontvangs was vriendelik. Kamers skoon en goeie kwaliteit linne. Bestuurder het kom vra of alles reg is en of ons enigiets nodig het. Baie sentraal, bied ook ontbyt aan. Uiters bevredigende verblyf teen 'n goeie prys.

Liesl H - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
2/5
Liesl H
Saam met vriende

Die plekkie is vir my duur aangesien dit nie eers jou ontbyt insluit by die prys nie.

Daar was geen kommunikasie tussen ons en die eienaar gewees voor ons aankoms nie. Daarom was daar nie iemand om ons te ontvang nie en moes ons eers wag voordat iemand die plek kom oopmaak het. Ons het nie lank gewag nie. Dit was nie langer as 10 minute nie. Die kamer was baie klein en die mure maar dun. Ons kon feitlik die ander gaste in hulle plekke hoor praat. Die kamer en die badkamer was mooi skoon. Die beddegoed het al oud gelyk en daar was nie vir ons ekstra komberse gewees nie. Ek was baie teleurgesteld in die feit dat die bedrag wat ons betaal het nie ook ontbyt insluit nie. Daarom voel ek dat die plek hopeloos te duur was en dat mens vir daai prys 'n mooier plek kan kry wat wel die ontbyt ook insluit.

Gerhard K - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhard K
Gesin met klein kinders

Baie aangenaam. Waarde vir geld.

Wat 'n lekker ervaring! Die gasvrou het uit haar pad gegaan om ons verblyf ekstra spesiaal te maak. Selfs aangebied om vroeg in te kom om ontbyt te maak aangesien ons vroeg gery het. Baie dankie Michelle en Amber Guest house vir alles. Ek beveel julle enige tyd aan vir 'n heerlike verblyf-ervaring.

Nthabiseng T - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Nthabiseng T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Quiet and accommodating.

The place is superb, clean and quite. You enjoy your stay without anyone disturbing you or your peace.

Gerrit B - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Gerrit B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Veilig, netjies en gasvry.

Gerieflike en netjiese kamer/s. Benodig haardroër en spieël vir vroue se gerieflikheid in kamer.

Philip P - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Philip P
Gesin met klein kinders

Aangenaam verras.

Ek was aangenaam verras met die akkommodasie. Almal was baie vriendelik en ek sal met 'n geruste hart Amber aanbeveel.

Melanie L - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
1/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Melanie L
Besigheidsreis

Ongerieflik.

Gastehuis te na aan hoofstraat. Honde het heel aand geblaf. Huis alarms het afgegaan. Bedkopstuk was nie stabiel nie en het teen die muur gestamp met elke beweging.

Mackie A - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mackie A
Gesin met klein kinders

Awesome.

Stunning!

Jan B - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Jan B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Netjies, skoon en gemaklik.

Kan Amber Gastehuis aanbeveel.

Shuan D - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Shuan D
Enkelreisiger

Dit was lekker en het ooreengestem met die foto op die webtuiste.

Plek was skoon. Die bed was gemaklik. Fantastiese ligging naby die dorp.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

It was great and looked like the pic on website.

The place was clean. Bed comfy. Great location near town.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Chris. O. G - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chris. O. G
Gesin met tieners

Kort.

Heel aangenaam. Kamers netjies en skoon.

Marlouise D - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Marlouise D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was uiters treurig

Die eerste oggend na een nag het ek gekla oor die volgende: Daar was bedliggies maar nêrens om dit in te prop nie. Ek het gevra om dit reg te stel. Maar hulle het niks gedoen daaraan die hele naweek nie. Die kantgordyne was in repe geskeur. Ek het gevra on dit reg te stel en Stefan het gesê dat daar hierdie week nuwes opgaan, maar ons was verontrief die naweek. Daar was geen privaatheid wanneer die hoofgordyne oop was nie. Kon nie die hoofgordyne toehou nie want dan is dit heeltyd donker. Die manager het die middag toe ek geslaap het ingeloer by die stukkende gordyne! Daar was nie ‘n stortdeur nie. Die water het in ‘n groot dam op die vloer gelê. Die matte was sopnat. En ons het op die vloer gegly. Daar was nie handdoeke in die kamer nie. Blykbaar was hulle nog nat. Die aand het hulle die klam handdoeke in die badkamer gesit. Dit was die laaste keer wat daar handdoeke was. Die nat matte moes ons elke aand inbring waar dit oor die stoep se muur gehang het. Die bad was stukkend op twee plekke, en het seergemaak wanneer jy per-ongeluk op dit sit. Die wasbak in die badkamer was verstop. Ek het gevra om dit reg te maak. Die tweede dag het die manager kom se dat hulle volgende week iemand sal stuur. Daar was geen voetmatjies by die bed nie. Die vloer was baie vuil, jy moet eers jou voete afvee wanneer jy wil skoene aantrek of in die bed wil klim. Daar was nie toiletpapier die tweede dag nie, ons het self toilet papier gaan koop. Ons het ongelukkig vooruit betaal vir 3 aande, ander sou ons ‘n ander gastehuis gesoek het om in te bly.

Mercia P - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mercia P
Besigheidsreis

Uitstekende diens!

Ons werkers het baie lekker gebly!

Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Stateway 370, Doorn, Welkom, 9459, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUwY2VhMDU0LWY3MmItNGE5YS04MzQyLTZkMWRlOTZjNDkxZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 2) 13 5 1 4 370 Stateway Doorn 9459 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -27.986963989544 26.754050016452
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!