Dullstroom Akkommodasie by Amber Lane | LekkeSlaap
+9

Amber Lane

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lesedi-straat 160, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (vir 5 persone)

Beskrywing

Amber Lane is 'n dubbelverdiepingvakansiehuis wat selfsorgverblyf bied en in die bekende Amber Estate in Dullstroom geleë is. Dit is stapafstand van verskeie restaurante, winkels en kroeë. Ons bied ook parkeerplek agter veilige elektriese hekke.

Daair is slaapplek vir tot 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, sitkamer, eetkamer en patio. Een slaapkamer is op die boonste verdieping en die tweede is op die onderste vloer. Die boonste slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n sitkamer met 'n kaggel en 'n privaat balkon met eindelose uitsigte. Die onderste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbythoekie in die kombuis. Die leefkamer het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n kaggel in die leefarea.

Die onderste patio het 'n braaiplek met ongelooflike uitsigte oor Dullstroom en op die berge.

Slaapplek

’n Bespreking by Amber Lane sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 13 resensies vir Amber Lane
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Lesedi-straat 160, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Amber Lane het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 400
per nag (vir 5 persone)
Vanaf R2 400
per nag (vir 5 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lesedi-straat 160, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZkZWE1MTM4LTliODEtNDUzZi1hNjM2LTBlNDg0NTBmOTIwMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 400  per nag (vir 5 persone) 13 5 1 5 160 Lesedi Street Dullstroom 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.41981538029 30.101441516533
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za