Ambercrest B&B & Self-catering
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 15 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 50 Galway Straat, Scotthburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R600 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Hierdie klassieke Scottburgh-tuiste is uniek versier en bied gerieflike verblyf en 'n huislike atmosfeer met persoonlike aandag aan detail en ouwêreldse gasvryheid. Ambercrest Guesthouse and Self-Catering is in 2007 aangeskaf deur die huidige eienaars. Die ou hoofhuis is opgeknap en versier met moderne en antieke meubels. Die hoofhuis het 5 slaapkamers, 5 badkamers, en daar is 2 selfsorgkothuise wat volledig gemeubeleerd is en elkeen slaapplek bied vir 2 gaste.
Die hoofhuis en die kothuise het braaigeriewe. Die hoofhuis het 'n houtdek met 'n uitsig oor die see. Dit is ideaal vir besoekers wat met 'n skemerkelkie in die hand wil sit en kyk hoe die walvisse en dolfyne in die see baljaar.
Die puik ontbyt wat ons bedien onderskei ons ongetwyfeld van ander instansies. Begin jou oggend met ontbytgrane, vars vrugte en jogurt, waarna koffie, tee en 'n warm ontbyt bedien word. Bestel enige iets, van 'n omelette tot bobotie - die dis waarvoor ons bekend is!
Genoeg parkering (tot 10 motors) beskikbaar agter outomatiese hekke.
Die tuine is van voor af uitgelê en 'n swembad is bygevoeg. Die tema is deurgaans tropies, om water te spaar, maar ook om onderhoud te beperk. Die tuin bestaan hoofsaaklik uit inheemse plante, maar daar is ook 'n paar eksotiese spesies. Die voëllewe is volop.
Ons is diereliefhebbers, so ons hou cockerspanjoele, katte, voëls en visse op die perseel aan. (Die perseel beslaan net oor die 2000 vierkante meter.)
Scottburgh is bekend vir sy pragtige strand en vele restaurante wat voorsiening maak vir alle voorkeure. Ander besienswaardighede in die omgewing: Aliwal Shoal, die wêreldbekende duikbestemming, Crocworld en TC Robertson Reservaat.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- 50 Galway Straat, Scotthburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ambercrest B&B & Self-catering het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Scottburgh Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 15 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 50 Galway Straat, Scotthburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom