Hoogland Kronkeling Akkommodasie by Amberley Lodge | LekkeSlaap
+45

Amberley Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Holingsbergpad, Amberley Bergreservaat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Amberley Lodge is ’n selfsorg-dubbelverdiepinghuis teen ’n heuwel wat oor die vallei van 'n privaat reservaat uitkyk, sowat 8 km van Dullstroom af. Die reservaat spog met dame wat forelle het asook wild wat vrylik rondbeweeg.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan ’n groep van tot 12 gaste en het 6 slaapkamers, 4 badkamers en ’n gastetoilet. Daar is 4 slaapkamers onder: die eerste kamer het ’n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met ’n bad, die tweede kamer het 2 enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort, en die derde en vierde kamer het elk 2 enkelbeddens en deel die derde badkamer wat ’n bad en stort het.

Die 2 oorblywende kamers is op die boonste verdieping geleë: die vyfde kamer het 2 enkelbeddens en die ruim hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n aantrekkamer. Dié 2 kamers deel die vierde badkamer wat ’n stort, dubbelwasbak en ’n spa-bad het.

Die moderne oopplan-kombuis het 2 oonde, ’n stoof, spens-area en daar is ’n groot ingangsportaal en gastetoilet. Die ruim leefarea het ’n etenstafel met sitplek vir 10, ’n TV met sekere DStv-kanale (Dual View), 2 kaggels en ’n elegante kroeg-area met ’n vermaaksentrum.

Die leefarea lei na ’n stoep met ’n gasbraai en die stoep kyk oor die plonspoel en vallei uit. Die groot reservaat spog met 7 troppe wildsbokke, wildebeeste, sebras asook verskeie voetslaan- en fietsroetes om te verken.

Slaapplek

’n Bespreking by Amberley Lodge sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Holingsbergpad, Amberley Bergreservaat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 12)
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Holingsbergpad, Amberley Bergreservaat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA385436f0e057fc0f085fc1c5854c7fa5ac4297aad628e4845de4327a394291edbdc76c98fe661bb0fc2b99273ed3978ea5c3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 000  per nag (plek vir 12) Holingsberg Road Amberley Mountain Reserve 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.440946 30.161553
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za