Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ambiance Apartment

Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selborne 105, Princestraat 41, Oranjezicht, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 R1 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Ambiance Apartment front noord en is ideaal geleë in Oranjezicht, 'n sentrale, stil, veilige en boomryke woonbuurt tussen Tafelberg se voorheuwels en Kaapstad se sentrale sakegebied. Die woonstel is koud in somer en warm in winter en het plafonwaaiers in elke kamer asook 'n verwarmer en warmwaterbottels in winter.

Die woonstel is volledig toegerus, gerieflik en silwerskoon. Daar is 2 slaapkamers. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede, kleiner slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste. Dit is meer geskik vir 'n gesin van 4, eerder as 4 volwassenes. Die badkamer het 'n bad en 'n handstort. Die ruim sitkamer en oopplan-kombuis word geskei deur 'n ontbyttoonbank. Die kombuis het gesonke stoofplate met 'n uitsuigwaaier en 'n mikrogolf, maar geen oond indien jy van plan was om te bak of oondrooster. Ambience het 'n oopplan-balkon met 4 stoele van smeedyster en 'n eetkamertafel met 'n glasblad. Dit is ideaal vir skemerkelkies of buitelug-etes, terwyl jy die beeldskone berg-uitsig of dit rye Victoriaanse huise in Prinsstraat geniet. Die sitkamer is toegerus met 'n TV, beperkte DStv-kanale, 'n DVD-speler en 'n klankstelseltjie/CD-speler. WiFi en die volle DStv-pakket is teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Al die nodige beddegoed en handdoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke en vadoeke saambring. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek en teen 'n addisionele koste. Daar is veilige parkeerplek by nr. 105.

Ambiance is ook maklik bereikbaar van die lughawe af via die N1 en die N2-hoofweë. Seepunt, Clifton en Kampsbaai is net 'n kort entjie se ry van die woonstel af en al wat tussen jou en die V&A Waterfront, Kirstenbosch, Groenpunt-stadion, Canal Walk en Houtbaai staan, is 10 minute agter die stuur. Verder is die woonstel stapafstand vanaf die stadskern, Gardens Winkelsentrum, hope museums, planetarium, kunsgalerye, 'n filmteater, teaters en baie ander besienswaardighede en restaurante. Trouens, byna alles wat die stad bied is stapafstand van Ambiance af.

Die woonstel is op die busroete geleë, oorkant De Waal Park met sy gratis musiekkonserte op Sondae. Ons is net 'n paar blokke van die Mount Nelson Hotel en die Cape Town Hop-On Hop-Off-bus af. Ons is gerieflik, stil en knus. Ambiance kan langtermyn bespreek word, ten volle gemeubileer met 'n bepaalde maandelikse bedrag. Minimum-verblyf is 3 nagte. Ons wil jou graag persoonlik verwelkom by die woonstel. Gaste kan enige tyd bel indien hul iets benodig, enige vrae het of hulp benodig.

Slaapplek

’n Bespreking by Ambiance Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Frans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 12 resensies vir Ambiance Apartment
Netheid
3.8/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Selborne 105, Princestraat 41, Oranjezicht, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ambiance Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
R2 000 R1 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf R2 000
R2 000 R1 400
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selborne 105, Princestraat 41, Oranjezicht, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3e8eea119c15581039e36b0c000740613469f3e10173d4e06be46803203a8c045d8ea66543b2994107bdf72b922c8ed3e646?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 000 nouVanaf R1 400 per nag, vir 4 mense 12 5 1 5 105 Selborne, 41 Prince Street Oranjezicht 8000 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-14:00 10:00 -33.938108469146 18.415060043335