Ambience Garden Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 28 Apr 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Ambience Garden Apartment is in die stil, lowerryke woonbuurt genaamd Hoheizen in Bellville, een van Kaapstad se Noordelike Voorstede geleë. Dis net 20 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe

Dié ruim selfsorg-tuinwoonstel het pragtige uitsigte, 'n privaat ingang, 2 slaapkamers ─ elkeen is privaat en word geskei deur 'n gang en 'n badkamer tussen-in.

Die groot slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n dagbed, en 'n sitarea met Premier DStv.

Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n TV'tjie met sekere kanale. Die badkamer het 'n instapstort, 'n wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, dubbelspiraal-stoof, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en 'n eetarea.

Gratis tee en koffie word met aankoms voorsien. WiFi is beskikbaar.

Geniet gerus 'n skemerkelkie in die privaat tuin. 'n Draagbare braaier word gedurende die somer voorsien. Dit is ook op aanvraag beskikbaar gedurende die winter.
Oornag-parkeerplek is in 'n motorhuis met afstandbeheer vir 1 gewone voertuig beskikbaar.

Gaste kan gerus die nabygeleë winkelsentrums, Grand West Casino, restaurante, wynplase, bekende stadions, hospitale, opvoedkundige instansies en ander plaaslike besienswaardighede in die omgewing besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Ambience Garden Apartment sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ambience Garden Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R630 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 28 Apr 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za