Ambro Rose Cottage
Beskrywing
Ambro Rose Cottage is 'n selfsorgwoonstel op die eienaar se erf in Bela-Bela. Die erf is ideaal geleë, sowat 1,1 km van die warmbaddens, A Forever Resort en ander besienswaardighede af.
Dié ten volle gemeubileerde kothuis is ideaal vir 'n gesin van 5 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en ingeboude kaste, en in die badkamer is daar 'n bad, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n slaapbank en 'n stapelbed vir 3 kinders in die leefarea.
Die goed toegeruste kombuis beskik oor 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en ander toebehore. Gaste het toegang tot 'n braai-area op die erf en daar is veilige parkeerplek vir 'n voertuig.
Ambro Rose Cottage is 15 tot 30 minute se ry vanaf verskeie wildreservate, Waterberg Zipline Adventures, Bambelela Wildlife Care, Adventures With Elephants en nog meer.
Slaapplek
'n Bespreking by Ambro Rose Cottage sluit in:
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank
1 x Stapelbed
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Wildkyk
- Swem
Badkamer
- Bad
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Kamergeriewe
- Verekombers
- Waaier
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Vermaak
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Ambro Rose Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |