Amper Bo Guest House
Beskrywing
Amper Bo is 'n gastehuis wat rustige, bekostigbare en lieflike verblyf bied. Die gastehuis is sentraal geleë in Riviera, na aan al die vernaamste winkelsentrums en geskiedkundige landmerke.
Verblyf bestaan uit 3 dubbelkamers, 2 enkelkamers, 'n 2-enkelbedkamer, 'n grasdak-kothuis, 'n woonstel met 1 slaapkamer en 'n woonstel met 2 slaapkamers. Die kamers en selfsorg-eenhede sal jou asem wegslaan! Hulle is goed toegerus en word daagliks skoongemaak.
Die tuin beskik oor sierfonteintjies en 'n swembad. Heerlike ontbyte word soggens bedien en is maar net een van die kenmerke wat sal maak dat jy wil terugkeer. Amper Bo bied veilige parkeerplek en gaste se veiligheid is vir ons 'n groot prioriteit. Jy sal verbaas wees oor wat alles ingesluit is by die billike tariewe. Daaglikse, weeklikse en maandelikse tariewe is beskikbaar op versoek.
Die vriendelike en toegewyde personeel sal aan al jou behoeftes voorsien.
Let asb. op dat ons inkloktye gedurende naweke anders is as ons inkloktye gedurende die week. Naweek-inkloktye: 11:30 tot 13:00.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensie geriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Kaart
Gaste wat na Amper Bo Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |