Anchor Break

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Anchor Break bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvolle woonstel met 2 slaapkamers in 'n ouer, maar veilige kompleks in Strand. Die kompleks is 170 m van die strand af en het 'n balkon met 'n uitsig oor die see.

Die woonstel het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, leefarea en sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 2 slaapbanke. Die kombuis het 'n ontbyttoonbank, yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf, en die sitkamer het 'n TV met OpenView. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die see en op die berge in die verte. WiFi, linne, badhanddoeke en komberse word voorsien. 'n Toesluitmotorhuis en 'n oop parkeerplek is tot gaste se beskikking.

Let asb. daarop dat hierdie woonstel op die derde verdieping van die gebou is en daar is nie 'n hyser nie.

Gaste kan die pragtige sonsondergange en doendinge soos visvang en swem geniet. Wynplase, gholfbane en voetslaanroetes in die Hottentots-Hollandberge is maklik bereikbaar. Ander doendinge in die omgewing sluit watersport en inkopies in.

Slaapplek

'n Bespreking by Anchor Break sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anchor Break gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 R840 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false