Anchorage 10

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Anchorage 10 is 'n drieslaapkamerhuis met gerieflike slaapplek vir 6 gaste in die hartjie van Mosselbaai. Kom ontspan hier by die see en verlustig jou in die lieflike uitsigte oor die hawe. Nooi sommer jou gesin of jou vriende saam!

Die hoofslaapkamer het 1 koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 1 dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamer smet bad of stort, toilet en wasbak. En 'n volledig toegeruste kombuis en eetarea met sitplek vir 6 persone. Die ruim sitkamer is toegerus met 2 rusbanke en 2 stoele. Verder is daar 'n TV (gaste kan gerus hul eie DStv-dekodeerders en slimkaarte saambring). Kuier lekker by die ingeboude braaiplek!

Anchorage 10 is net 5 minute se stap vanaf die punt en die see af. Besienswaardighede in die omgewing: Cape St Blaiz Vuurtoring, Mosselbaai Gholfklub, Ochre Barn, The Old Joinery, die Oorlogmuseum, Zorgfontein Wildplaas, Botlierskop Privaat Wildreservaat en Jukani Roofdierpark. Adrienalienvrate word aangeraai om haaihokduik, wrakduik, motorbootvaarte, township-toere, reksprong en vryval te oorweeg - dit is alles in die omgewing beskikbaar!

Slaapplek

'n Bespreking by Anchorage 10 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anchorage 10 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 420 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za