Anchorage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Anchorage is 'n ruim dubbelverdiepinghuis in Kleinmond, 'n unieke kusdorpie in die Overberg.

Dié huis bied gerieflike slaapplek vir 6 persone in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. En daar is 'n gedeelde badkamer met 'n stort en bad.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, vierplaatstoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en wasmasjien. Daar is 'n leefarea op die boonste vloer met 'n balkon met 'n see-uitsig, en die sitkamer/eetkamer het gerieflike rusbanke, 'n kaggel, TV en 'n eetarea, en lei na beskutte veranda met 'n pragtige berg-uitsig en 'n ingeboude braaiplek. Verder het die huis ook 'n ommuurde tuin met 'n grasperk.

Anchorage is net 300 meter van die rotsagtige kus en 400 meter van die hawe, winkels en restaurante af. Kleinmond en Palmiet se strande en strandmere is minder as 5 minute se ry van hierdie huis af. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie en rook is verbode in die huis.

Slaapplek

'n Bespreking by Anchorage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Kamergeriewe

  •  Sitkamer

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anchorage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 560 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za