Anchorest Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Anchorest is in Linkside, ​​Mosselbaai en bied gehalteverblyf aan ‘n gesin of groep vriende. Dis naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en trekpleisters.

Verblyf word in 2 aparte woonstelle gebied.

Die eenslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 4 en beskik oor ‘n kamer met ‘n dubbelbed en ‘n plafonwaaier. Daar is ook ‘n dubbelslaapbank in die leefarea. Die badkamer het ‘n stort, toilet en wasbak. Die oopplan-kombuis is toegerus met ‘n tweeplaatstoof, oondjie, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek en ‘n TV met DStv.

Die tweeslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 4. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus met ‘n tweeplaatstoof, oondjie, dubbelyskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek en ‘n TV met DStv. Lugversorging is teen ‘n ekstra daaglikse koste beskikbaar, maar waaiers word voorsien.

Braaigeriewe, stoepmeubels en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anchorest Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za