Anchors Boutique Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Anchors Boutique Lodge is 'n eksklusiewe en modieuse instansie in Athlone Park. Ontspan in ons rustige en netjiese tuine terwyl jy met 'n skemerkelkie by die swembad en lapa-area bedien word.

Al die suites is baie netjies en uniek versier en bied 'n luukse omgewing vir gaste teen 'n bekostigbare tarief. Die kamers het elkeen geriewe soos lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die instansie het geriewe soos 'n eerlikheidskroeg, ontspanningsarea buite, formele sitkamer, pooltafel, sekere DStv-kanale in gemeenskaplike areas, gratis WiFi en 'n werksarea waar gaste gratis van die rekenaar en telefoon gebruik kan maak. 'n Wassery is op die perseel beskikbaar. Gaste het toegang tot 'n swembad, braaigeriewe en oorgenoeg parkeerplek op die perseel.

Ontbyt word in ons stylvolle eetarea voorgesit en dit word spesiaal deur ons sjef voorberei. As jy wil ontspan bied ons formele en informele vermaaklikheidsareas oop spasies en gemak wat die stres van 'n lang dag sommer vinnig sal laat verdwyn.

Ons privaat eetklub bied eksklusiewe aandetes wat jou verblyf uniek en onvergeetlik sal maak. Ons is bekend vir ons groot konferensies en ons verhuur graag ons venue vir funksies. Ons sal enige funksie ontwerp met jou spesifieke vereistes as die middelpunt.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anchors Boutique Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za