Andante
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vygiestraat 27, Blomtuin, Bellville, 7530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Andante is 'n knus woonstel op die eienaars se eiendom in Bellville, Kaapstad. Die eiendom is in 'n rustige woonbuurt en is binne maklike bereik van winkels, restaurante, winkelsentrums en die middestad.
Die oopplan-eenheid is geskik vir 2 volwassenes. Daar is 'n dubbelbed, maar indien 'n matrassie benodig word vir 'n kind kan dit voorsien word. Die badkamer het 'n stort.
Die kombuisie is met 'n yskassie, 'n oondjie, tweeplaatstoof, mikrogolfoond en 'n ketel. 'n Gemaklike sitarea is ook beskikbaar. Die eenheid bied toegang tot 'n privaat balkon met 'n lieflike uitsig. Bykomende geriewe sluit 'n TV, WiFi, 'n binnebraai-area, privaat ingang, rookverklikker en parkeerplek op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek in.
Besoekers aan Kaapstad het baie keuses ten opsigte van doendinge en besienswaardighede, soos die ikoniese Tafelberg, die langste wynroete, walviskyk, voetslaan, branderplankry en die verskeidenheid kos wat aangebied word.
Slaapplek
’n Bespreking by Andante sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Vygiestraat 27, Blomtuin, Bellville, 7530, Wes-Kaap
- Gaste dink Andante het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bellville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vygiestraat 27, Blomtuin, Bellville, 7530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom