Anella II

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Anella II is 'n selfsorgvilla in die luukse Kampsbaai in Kaapstad. Die perseel is binne maklike bereik vanaf die Kampsbaai se strand, restaurante en kroeë.

Dié ruim dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers met lugversorging en 5 badkamers. Vier van die slaapkamers is op die eerste verdieping en een slaapkamer is op die onderste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n dubbelwasbak. Die hoofslaapkamer het ook 'n aantrekarea, studeerkamer langsaan en lei na 'n balkon.

Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer bied toegang tot 'n dek. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer lei na 'n dek. Die vyfde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, instapkas en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die lei na die swembadterras op die onderste verdieping.

Die ten volle toegeruste kombuis het al die nodige toebehore om maaltye voor te berei, ontbyttoonbank en aparte opwaskamer en wasgoedarea. Die hoofsitkamer bied toegang tot 'n ruim, gemeubileerde onderdakterras en die tweede sitkamer lei na die eetarea. Die derde onthaalsitkamer op die onderste verdieping bied toegang tot die dek en swembadarea.

Daar is ook 'n kroegarea met 'n yskassie, 2 TV's, WiFi, ondervloerse verhitting, 'n klanksisteem binne en buite, gasbraaigeriewe, 'n alarmstelsel wat 24 uur gemonitor word, kragopwekker en veilige parkeerplek vir 4 voertuie in 'n motorhuis.

Slaapplek

'n Bespreking by Anella II sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anella II gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 250 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false